Corlia van der Nest (21), ’n model van Vogue-modelskool in Kimberley, het Saterdag 6 Aprl die titel van Miss Golden SA gewen.
Sy wou nog altyd modelwerk doen, maar het ‘n ander sport gehad wat haar besig gehou het. Dus het sy eers vanjaar besluit om met modelwerk te begin.
Sy het by vorige geleenthede vir die Cansa-matrieknooi 2015 ingeskryf, sowel as Springbok se kompetisie. Sy was by altwee een van die finaliste.
Sy was nog altyd mal oor foto’s en modelwerk en het bekende modelle op sosiale media gevolg, alhoewel sy nooit die moed gehad het om dit self te doen nie. Sy het besluit dat mens alles in die lewe moet probeer en jou drome volg. Dit is dié dat sy by Vogue aangesluit het en vir die kompetisie ingeskryf het om haar voor te berei vir opkomende kompetisies die jaar, onder andere Top Model SA en ‘n kompetisie in Klerksdorp.
Hoe voel sy oor die feit dat sy gewen het?
Dit voel vir haar onwerklik en sy kan nie glo dat sy dit kon bereik nie. Sy het baie twyfel in haarself gehad, maar is moed ingepraat deur haar afrigter, Jean-Marie. Nooit het sy gedink dat sy die eerste plek sou behaal in die kompetisie nie; sy het net gegaan vir die ondervinding as model.
Sy is benoem as best dressed, eerste prinses (senior) en eerste prinses in die Noord-Kaap (senior).
Jy kan haar volg op Instagram corlia_vd_nest en Facebook Corlia van der Nest.