‘n Taxibestuurder het Sondag in die vroeë oggendure op die hoek van 17de Laan en Kommetjiepad in Vishoek in die Wes-Kaap in die wrak van ‘n taxi vasgesit.
Cape Medical Response se paramedici is ongeveer 02:18 na die ongelukstoneel gestuur.
Met aankoms het hulle gevind dat die taxibestuurder eers teen ‘n muur vasgery het, waarna die taxi gerol het.
Die bestuurder was die enigste insittende van die taxi en het in die wrak vasgesit.
Brandbestryders het reddingskake gebruik om hom uit die wrak te bevry.
Hy is in ‘n stabiele toestand na ‘n plaaslike Kaapstad hospitaal geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





