Meisie in gr. 1 sterf nadat sy ‘koekies eet’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Meisie in gr. 1 in die Laerskool Mandlethu in Tsakane, Brakpan, het gister gesterf nadat sy glo koekies van ‘n plaaslike spazawinkel geeët het.

Volgens Steve Mabona van die Gauteng-onderwysdepartement het die meisie net voor pouse, wat om 11:00 sou wees, siek geraak. Sy het minute later glo opgegooi. Haar ouers en nooddienste is gekontak.

Sy is deur paramedici by die skool dood verklaar.

Volgens inligting tot die onderwysdepartement se beskikking het die oorledene koekies wat by ‘n spazawinkel, deur buitelandse burgers bedryf, gekoop en geëet.

Mabona sê die polisie se ondersoek is aan die gang.

Sielkundiges van die departement sal vandag die skool besoek om berading te gee.

“We are deeply saddened by this unfortunate incident. We plead with parents to be vigilant concerning the edible goods that their children consume. We call upon law enforcement agencies and municipalities to be more stringent on compliance matters related to spaza shop products. Indeed, we wish to extend our sincerest condolences to the family and the school community at large,” sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief