WES-KAAP. – Callum Gower (27) en Caroline Sevier (51), Britse burgers, wat vir verskeie beweerde aanklagte in die Verenigde Koninkryk gesoek word, is onderskeidelik in Constantia en Seepunt in hegtenis geneem.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê aan Nuusflits ‘n borgtogaansoek is Maandag vir Gower in die Wynberg-landdroshof aangehoor. Sevier se borgtogaansoek kom vandag in Kaapstad se landdroshof voor.
Callum Gower sal op verskeie beweerde aanklagte teen hom in die VK verskyn. Hy het glo gevlug voordat hy daar in hegtenis geneem kon word.
Caroline Sevier word na bewering in die VK vir aanklagte van sameswering om kokaïen, dagga en metamfetamien te verskaf aangekla en was op borg vrygelaat. Sy het ook na bewering na Suid-Afrika gevlug.
Ntabazalila sê daar is ‘n uitleweringsooreenkoms vir beide ma en seun.
Gower se borgaansoek is tot 27 Februarie uitgestel. Volgens Ntabazalila het Bruce Hendricks, Gower se regsverteenwoordiger, verklarings van Gower en ‘n maatskaplike werker ingehandig.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





