Nuusflits by protesaksie vir beeste

Lees ook :

Foto: DBV

WES-KAAP. – Nuusflits is by die Taliep Peterson-brug om berig te doen oor die protesaksie oor die 19 000 beeste op die Al Kuwait-skip in die Kaapstadse hawe.

Kaapstad se diereliefhebbers is in rep en roer nadat die skip Sondag met die beeste in haglike omstandighede vir voer in die Kaapstadse hawe aangedoen het en steeds daar is.

Die aankoms van die veedraende skip het ‘n stank oor die stad laat neersak wat behoorlik aandag getrek het.

‘n Protesaksie vind vanmiddag plaas. Protesgangers het van 16:00 tot 17:30 by die Taliep Peterson-brug in Nelson Mandela-rylaan ontmoet.

Die NSPCA en DBV probeer sedert November 2019 om die vervoer van lewendehawe (skape) ter see stop te sit en alhoewel ‘n tydelike bevel toegestaan is, is dit verander en die uitvoere kon met voorwaardes voortgaan. Al Mawashi, die grootste uitvoermaatskappy in SA na die Midde-Ooste, het verlede jaar uit Suid-Afrika onttrek omdat die NSPCA in Suid-Afrika hulle te veel “probleme” gegee het en daar volgens hulle gesloer is met riglyne wat deur die departement van landbou vir die uitvoer van skape opgestel moes word. Hulle het in die proses glo R49 m. verloor.

Die NSPCA en DBV het ‘n hofbevel bekom en die skip in teenwoordigheid van die polisie geïnspekteer en sê hulle sal nie huiwer om vervolging in te stel nie.

Nuusflits het Al Mawashi vir kommentaar gevra.

Bron: SA Smallholder 21 Februarie 2022

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief