Sol Plaatje onder skoot van nasionale tesourie

Lees ook :

Sol Plaatje onder skoot van nasionale tesourie
Sol Plaatje onder skoot van nasionale tesourie fotokrediet: Canva

*PERSVERKLARING

Die Sol Plaatje- plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier en Ritchie) is onder skoot van nasionale tesourie (NT) weens jare se verwaarlosing van skuldinvordering.

Met die ter tafellegging van die 2023/24-aansuiweringsbegroting van die munisipaliteit het die NT in samewerking met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika die volgende bevindinge gemaak:

•   Die onvermoë om gekwalifiseerde direkteure, bestuurspersoneel en ʼn finansiële hoof aan te stel.

•  Die onvermoë om ʼn dissiplinêre raad daar te stel het tot die gebrek aan dissiplinêre bestuur gelei.

•  Die onvermoë om skuld in te vorder en die swaar gelaaide personeelstruktuur skep ‘n kontantvloeikrisis en lê die munisipaliteit se vermoë tot kapitaalbesteding en onderhoud aan bande.

•  Eskom- en waterraadrekeninge kan ook nie volledig betaal word nie. Die debiteure beloop tans by die R3.7 miljard. Staatsdepartemente maak 21.3% en huishoudings 59.2% van die debiteure uit.

Die verslag wys op ʼn merkbare verswakking in munisipale dienslewering en die finansiële stand van Sol Plaatje.

Die politieke steunwerwing van die ANC en mandate van diegene in die ANC se topbestuur het nou finaal begin om hul wrang vrugte af te werp.

Die enigste oplossing is om die ANC uit sy magsposisies te stem en saam met die VF Plus te herstel en bou.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Ses verdagtes in hegtenis vir moord op AKA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief