SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel reën vir groot dele van Suid-Afrika vir die volgende drie dae.
Reënbuie het reeds Donderdagaand oor die weste van die land uitgesak. ’n Geelvlak 2-waarskuwing vir die moontlikheid van oorstromings en hewige donderbuie is vir die noordelike dele van die Noord-Kaap uitgereik.
Nog ’n geelvlak 2-waarskuwing is vir die suidwestelike dele van die Noord-Kaap uitgereik. Hewige donderstorms en neerslag, saam met sterk wind en moontlike hael wat tot skade en oorstromings kan lei, word voorspel.
Vrydag is daar ’n groot moontlikheid vir verspreide donderbuie oor die binneland. Die reën sal Saterdag na die ooste van die land versprei en teen Sondag die ooskus bereik.
Bronne: SAWS, Facebook





