MAMELODI, GAUTENG. – Twee leerders is geskors nadat ’n klopjag op soek na dwelms en wapens Vrydag by verskeie skole in Mamelodi uitgevoer is. Die Tshwane-metropolisie en K9-eenheid het skole saam met regsowerhede besoek.
Items soos dagga, skroewedraaiers en skerp skêre is by van die leerders gevind.
Twee leerders is gevolglik geskors totdat hulle verhore sal plaasvind.
Die departement van onderwys wys op waarskuwingstekens waarna ouers en kinders kan oplet om te sien of kinders moontlik dwelms gebruik:
- Leerders wat veranderende aktiwiteitsvlakke, oormatige energie of moegheid het.
- Onduidelike spraak en onsamehangende gesprekke.
- Skielike woede-uitbarstings.
- Verloor van belangstelling in take en aktiwiteite.
Bronne: Arrive Alive, Departement van Basiese Onderwys





