OVK kritiseer DA se brief aan Amerika

Lees ook :

OVK kritiseer DA se brief aan Amerika
OVK kritiseer DA se brief aan Amerika fotokrediet: Canva

Lees ook: DA vra Amerika moet verkiesing monitor

Die OVK het die DA se brief aan die VSA wat hulle vra om die verkiesing te monitor gekritiseer. Hulle het gesê dit meng direk in met die kommissie se werk tydens die verkiesing.

Die voormalige OVK-kommissaris Terry Tselane het gesê die OVK moet aksie neem teen die DA en dat hulle versoek skokkend is.

OVK-hoof Sy Mamabolo het gesê die OVK verwelkom internasionale waarneming as dit deur die regte instansies gedoen word.

Die DA het hulle brief verdedig en het gesê hulle glo die OVK sal regverdige verkiesings kan handhaaf, maar dit is ’n internasionale praktyk vir ander lande om verkiesings te monitor.

Hulle het gesê hulle is bekommerd oor waninligting wat versprei word wat kan inmeng met die verkiesing.

Bronne: Cape Town ETC, eNCA, EWN

Lees ook: DA vra Amerika moet verkiesing monitor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief