Lees ook: Drie seuns van Hamas-leier dood in lugaanval deur Israel
GRIEKELAND. – Een baba is dood en 50 mense is siek na ‘n uitbraak van kinkhoes by ‘n gewilde vakansieplek in Griekeland.
Van die begin van die jaar af is twee mense nou daar aan kinkhoes oorlede. Een was ‘n volwassene met ander gesondheidsprobleme en een was ‘n pasgebore baba.
Altesaam 54 gevalle van kinkhoes is in Griekeland aangemeld, 32 is kinders en tieners.
Die simptome sluit in ‘n hewige hoes wat minute kan aangaan, en ‘n snakgeluid uit die bors. Kinders kan ook blou raak in die gesig wanneer hulle begin hoes soos hulle sukkel om asem te kry. Mense met die siekte hoes veral in die aand en het slym wat tot braking kan lei.
Die siekte is ook onlangs in Nederland, Spanje, Noorweë, Kroasië en die VK aangemeld.
Mense word aangemoedig om die inenting teen die siekte te kry as hulle onlangs in Griekeland was.
Bronne: Metro, Daily Record, The Mirror
Lees ook: Drie seuns van Hamas-leier dood in lugaanval deur Israel





