Kyk: Ouma (58) van 12 breek wêreldrekord vir die langste plankposisie

Lees ook :

Kyk Ouma (58) van 12 breek wêreldrekord vir langste plankposisie. Foto: Guinness World Records

ALBERTA, KANADA. – DonnaJean Wilde (58) van Kanada het onlangs die Guinness-wêreldrekord gebreek vir die persoon wat die langste in ’n plankposisie kan bly. Sy het vir 4 uur, 30 minute en 11 sekondes in die posisie gebly.

Wilde se rekord is tien minute langer as die vorige rekord van 2019. Sy het die rekord gebreek tydens ’n funksie by Magrath High School waar sy voorheen as adjunkhoof gewerk het.

Haar motivering om die rekord te breek, was glo haar 12 kleinkinders. Wilde het begin om plankoefeninge te doen nadat sy ’n gewrigsbesering opgedoen het.

Ter voorbereiding het sy tot 6 uur per dag geplank. Volgens haar was die laaste uur die uitdagendste deel.

Bronne: Guinness World Records, CBS, ABC, People, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief