GAUTENG. – Busse met mobiele wasgeriewe is onlangs vir hawelose persone in Gauteng bekendgestel.
Die departement van sosiale ontwikkeling sê die getalle van haweloses in die provinsie groei. Die stortgeriewe op die busse is om higiëne en gesondheid te bevorder.
Haweloses kan nou van die wasgeriewe gebruik maak, wat gevind kan word waar hawelose persone gewoonlik is, naamlik in parke, oop areas, onder brûe en in strate.
Die departement voorsien etes en poog om gesinne met hawelose gesinslede te herenig. Maatskaplike bemiddeling is beskikbaar. Diegene wat nie met hulle gesinne herenig wil word nie, sal in skuilings geplaas word.

Gauteng Department of Social Development Gauteng Provincial Government (GPG) Gauteng Provincial Government





