NOORDWES. – Malethlogonolo Hlongwane (5) is sedert Sondag 28 April, omstreeks 06:00, van haar huis in die Goedgevonden-woonbuurt vermis.
Kol. Adéle Myburgh sê die meisie is saam met haar sibbe (3) alleen tuis gelos terwyl die ouers glo by ‘n plaaslike kroeg was.
Met die ouers se terugkoms was Maletlhogonolo nêrens te vind nie. ‘n Soektog is geloods, maar die meisie is nie gevind nie. Sy is in ‘n rooi sweetpakbostuk en appelkooskleurige broek sonder skoene geklee en donker van gelaat.
Die Ventersdorp-polisie ondersoek die vermistepersoonsaak, asook ‘n saak van kinderverwaarlosing.
Enigiemand wat weet waar die meisie haar bevind, kan sers. Cecilia Batantse of kapt. Willem Smit by 060 967 3966 of 082 772 6453 bel.





