Die Suid-Afrikaanse akteur en sanger, Neil Sandilands, is binnekort in Kingdom of the Planet of Apes te sien.
Die lokprent is onlangs uitgereik. Sandilands skerts op sy Facebook-blad dat sy stem darem in die lokprent gehoor kan word.
Hy is die naweek na die bekendstelling van die fliek in Los Angeles. “Ek is moontlik on screen vir 20 sekondes,” skryf hy.
Die fliek word amptelik op 10 Mei vrygestel.
Die lokprent:
Bronne: Neil Sandilands Facebook, YouTube





