Lees ook: Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar by Olimpiese Spele doodgaan
BAHAMAS. – Wayde van Niekerk, Zakithi Nene, Lythe Pillay en Gardeo Isaacs het seker gemaak dat Suid-Afrika gaan deelneem aan die 4×400 m-afloswedren vir mans by die Olimpiese Spele.
Hulle was die tweede vinnigste span in die Bahamas by die opening van die Wêreldatletiek-aflostoernooi en het ‘n silwermedalje verower.
Die wenners van die dag was die Botswana-span – Letsile Tebogo, Leungo Scotch, Isaac Makwala en Bayapo Ndori.
Suid-Afrika se 4×100 m-span en gemengde 4×400 m-span was derde in hulle onderskeie wedrenne. Hulle gaan vandag deelneem om uit te vind of hulle ‘n plek by die Olimpiese Spele kan loshardloop.
Bronne: IOL, The Citizen, The Africa
Lees ook: Olimpiese ringe sal op Eiffel-toring vertoon word vir Parys-spele





