Vrou skuldig aan dieremishandeling

Lees ook :

Foto's: Bloemfontein DBV

VRYSTAAT. – Christel van Rhyn is in die Brandfort-landdroshof aan dieremishandeling skuldig bevind.

Sy is ‘n boete van R3 000 of drie maande direkte gevangenisstraf wat vir drie jaar opgeskort is, opgelê op voorwaarde sy word nie weer aan dieremishandeling skuldig bevind nie.

Reinet Meyer, hoofinspekteur van die DBV in Bloemfontein, sê ‘n saak van dieremishandeling is teen Van Rhyn oopgemaak nadat perde in ‘n erg uitgeteerde toestand op haar perseel gevind is. Die perde, wat volgens Meyer skaars spiere gehad het, is in vuil omstandighede gevind, met ‘n rioollyn wat deur die perseel loop. Die perde het verskeie mediese probleme, onder andere ‘n toestand van die ruggraat gehad.

Tydens skuldigbevinding is Van Rhyn onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy mag vir twee jaar geen perd besit nie.

“I find it concerning that Miss Van Rhyn actively participates in equestrian sports. I believe that her continued participation in these equine sports led to the cruelty inflicted on these poor animals,” sluit Meyer af.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief