PRETORIA, GAUTENG. – Nog twee verdagtes, 29 en 30 jaar, is Maandag in die Tshwane-distrik vir die moord op Ditebogo Phalane (5) in hegtenis geneem.
Een van die verdagtes is vermoedelik op borg uit op aanklag van kaping, poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
AO Wendy Nkabi sê die Valke (TOMS) en Akasia-misdaadvoorkomingseenheid het inligting ontvang van twee verdagtes wat glo aan Phalane se moord gekoppel is. Hulle is onderskeidelik in Soshanguve en Atteridgeville in hegtenis geneem en twee ongelisensieerde vuurwapens is gekonfiskeer. Daar word vermoed die een vuurwapen is in die moord op Phalane, maar kan eers bevestig word as ballistiese en forensiese toetse afgehandel is.
Die verdagtes sal Woensdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.





