THABONG, VRYSTAAT. – Sake van beweerde aanranding en intimidasie is teen die uitvoerende burgemeester van Mathabeng gemaak.
Kapt. Stephen Thakeng bevestig ‘n klaer (45) beweer hy was op 15 Mei omstreeks 09:45 met ‘n vinger op die voorkop en bors in Constantiastraat gedreig. Dit word verder beweer die verdagte het vir die klaer gesê hy sal hom laat doodmaak indien hy nie mense kry om hom as burgemeester te respekteer nie.
Thakeng sê dit is nóg ‘n saak wat teen die uitvoerende burgemeester gemaak is.
Terwyl die sake oopgemaak is, is nog niemand in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.





