’n Projek om kopoorplantings binne agt jaar haalbaar te maak, is onlangs deur Brain Bridge, ’n neurowetenskap- en biomediese ingenieurswesemaatskappy bekendgestel.
Die projek is tans nog in ’n konsepfase. Indien die projek realiseer, sal dit moontlik wees om ’n kop op ’n skenkerliggaam oor te plant. Hashem Al-Ghaili, ’n biotegnoloog en wetenskapkommunikeerder, wat ook die projekleier is, hoop om sy idees te sien lewe kry.
Volgens Brain Bridge sal persone met ongeneeslike siektes en toestande soos alzheimers, verlamming en fase 4-kanker die moontlikheid van beterskap gebied word.
’n Breindood skenkerliggaam sal vir die prosedure gebruik word. Die ontvanger sal hul eie bewussyn, herinneringe en selfs kognitiewe vermoë behou.
Gevorderde robotika en kunsmatige intelligensie sal vir die oorplantingsprosedures gebruik word.
BrainBridge, a concept for a head transplant system, which integrates advanced robotics and artificial intelligence to execute complete head and face transplantation procedures.
— Massimo (@Rainmaker1973) May 22, 2024
[🎞️ Hashem Al-Ghaili]pic.twitter.com/Vye1OHhH7l
Bronne: NeuroScience News, New York Post, Hindustan Times, X





