LIMPOPO. – ‘n Peuterseun (1) is Sondag omstreeks 10:30 in ‘n vlak graf langs ‘n kerk in die Ga-Makanye-woonbuurt vermoor gevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie is na ‘n moordklagte ontbied. Die peuter se hande het uitgesteek bo die grond waar hy in die veld langs ‘n plaaslike kerk begrawe was. Sy naam en die omstandighede van sy dood is tans nog onbekend.
Lt.genl. Thembi Hadebe het haar skok uitgespreek: “The loss of an innocent child in such a violent manner is absolutely heartbreaking and unacceptable.”
‘n Moordklag is geopen.
Enigiemand met inligting kan speur.sers. Samuel Malesela by 076 749 8403 bel.





