Ses beseer, een dood toe voertuig rol

Lees ook :

Ses beseer, een dood toe voertuig rol. Foto: ALS

UMHLANGA, KZN. – Een persoon is dood en ses beseer in ‘n ongeluk vanoggend omstreeks 7:30 op die M41 naby Umhlanga.

Volgens ALS Paramedical Services het die ongeluk op die M41 voor die M4-Suid-afrit plaasgevind. Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n voertuig aangetref wat verskeie kere gerol en op sy wiele te lande gekom het.

Ses van die sewe insittendes het geringe tot ernstige beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vervoer. Die sewende persoon is kritiek beseer en is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Bronne: ALS Paramedics Medical Services, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief