Lees ook: Boeing voer noodstop uit tydens opstyg
COLORADO, VSA. – Twee mense is dood in ‘n vliegtuigongeluk in Colorado, VSA.
‘n Cessna 421-vliegtuig het in die West Acres Mobile Park ingevlieg. Twee karavane het aan die brand geslaan, maar die inwoners is nie beseer nie.
Die vlieënier en ‘n passasier is in die ongeluk oorlede.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar getuies het glo gesê dit het gelyk of die vliegtuig meganiese probleme ondervind het.
Bronne: Mail Online, Daily Mail, Colorado Sun
Lees ook: Boeing voer noodstop uit tydens opstyg





