NOORD-KAAP. – Drie verdagte sake-eienaars is glo Donderdag op Vosburg met ‘n groot aantal ID’s, Sassa-kaarte en bankkaarte in hulle besit betrap.
Lt.kol. Sergio Kock sê inligting is deur misdaadintelligensie en openbare-orde-polisiëring van De Aar opgevolg. Nadat die dokumente en kaarte glo in die drie sake-eienaars se besit gevind is, is hulle by hulle verskeie sakepersele in hegtenis geneem. Die polisie het op op 90 identiteitsdokumente – dit sluit groen ID-boekies, Smart ID’s, tydelike ID’s en geboortesertifikate in – en 60 Sassa-kaarte, 415 bankkaarte en ‘n polisie-aanstellingsertifikaat beslag gelê,
Die verdagtes sal binnekort op aanklag van die nasionale kredietwet vir die beweerde onwettige bedryf van mikrokontantleningsondernemings in die hof verskyn.





