KWAZULU-NATAL. – ‘n Groep kinders tussen 5 en 7 jaar het vermoedelik ‘n kort rukkie gelede ‘n sinkhuis in Waterloo aan die brand gesteek.
Reaction Unit South Africa sê reaksiebeamptes was omstreeks 12:40 op die toneel waar ‘n sinkhuis reeds aan die brand was. Die vlamm het reeds na die naburige eiendom begin versprei het. Die brand is met emmers water en ‘n tuinslang geblus.
Volgens bure is ‘n groep kinders gesien waar hulle, net voordat die brand begin het, met vuurhoutjies naby die huis speel. Die eienaar van die huis was nie teenwoordig nie en kon ook nie tydens die insident bereik word nie.
Die huis en alles binne-in is deur die brand verwoes.







