Lees ook: Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ volgens prokureur deur polisie gemartel om skuld te erken
BANGKOK. – Ses mense is Dinsdag dood in ‘n Bangkok-hotel gevind. Volgens Thaise owerhede is sianied in die glase gevind wat deur die slagoffers gebruik is en die voorlopige nadoodse ondersoek wys hulle is vergiftig.
Die ses slagoffers is almal Viëtnamese, maar twee is Amerikaanse burgers. Twee van die liggame is in ‘n slaapkamer gevind en vier was in die sitkamer.
Die slagoffers is moontlik oor ‘n besigheidsdispuut vermoor en die polisie glo die persoon wat die drankies vergiftig het, is ook dood.
Twee van die slagoffers was ‘n getroude paar war $278 000 belê het om ‘n hospitaal in Japan te bou op versoek van nog twee mense in die groep. Die projek het nie verloop soos dit moes nie en die groep het toe ‘n ontmoeting gereël om dit te bespreek.
Bronne: Euronews, CNN, The Washington Post
Lees ook: Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ volgens prokureur deur polisie gemartel om skuld te erken





