Kleuterseun sterf nadat hy en sibbe siek raak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Kleuterseun (2) het Donderdag gesterf, nadat hy en sy sibbe, 3, 4, en 5 jaar oud, siek geraak het. Polisie-ondersoekers, gesondheidsdeskundiges en ander rolspelers ondersoek beweringe oor kos wat die kinders kort tevore geeët het.

Kol. Donald Mdhluli sê die publiek word gemaan om kalm te bly nadat die kleuterseun in Violetbank, Bosbokrand, gesterf het. Volgens ‘n verslag het die polisie op ‘n oproep van die siek kinders met maagpyn reageer. Mediese dienste het die tweejarige op die toneel dood verklaar. Die oorlewende sibbe is vir mediese hulp na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Twee van die kinders is ontslaan, maar een het in die sorg van die hospitaal gebly.

“Die ondersoek sal fokus op omstandighede rondom hierdie voorval.”

Maj.genl. (dr.) Zeph Mkhwanazi versoek die publiek om die ondersoekers hulle werk te laat doen om die waarheid sonder spekulasie te ontbloot.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief