GAUTENG. – Twee verdagtes is Donderdag tydens ‘n skietgeveg op die R59 by Kliprivier deur die polisie doodgeskiet. ‘n Polisiebeampte is tydens die insident gewond.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê volgens inligting het die lede inligting van die verdagtes, wat na bewering op pad was om ‘n rooftog in Sedibeng te pleeg, ontvang en ‘n operasie geloods. Die verdagtes is onderskep en het op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet. Tydens die skietery is die twee verdagtes gedood en ‘n polisielid gewond. ‘n Verdagte het te voet van die toneel gevlug. ‘n Vuurwapen is op die toneel gekonfiskeer en daar is ontdek die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is, is gedurende Oktbober in Alexandra gesteel.
Lt.genl. Tommy Mthombeni het die samewerkende benadering tot misdaadbekamping tussen die Gautengse taktiese reaksiespan en private veiligheid met die operasie geprys.





