Verdagtes in hegtenis vir beweerde ontvoering en aanranding

Lees ook :

Verdagtes in hegtenis vir beweerde ontvoering en aanranding
Verdagtes in hegtenis vir beweerde ontvoering en aanranding fotokrediet: Canva

Lees ook: 23 kinders wat voedselprodukte by spazawinkels gekoop het in Gauteng dood – Lesufi

QWAQWA. – Twee verdagtes is in Mabolela Village in hegtenis geneem vir beweerde ontvoering en aanranding.

Die verdagtes het glo op 24 Oktober 2024 ’n man wat in die pad geloop het in hulle voertuig ingedwing en beskuldig daarvan dat hy hulle luidspreker en ’n gassilinder gesteel het.

Hulle het glo gedreig om hom dood te maak en het met hom na ’n huis gery waar hy glo met ’n geseëlde bottel en die handvatsel van ’n byl aangerand is en water oor hom gegooi is.

Die slagoffer, wat die verdagtes ken, het beserings aan sy gesig en linkerarm oogedoen en is na ’n hospitaal geneem vir behandeling.

Die verdagtes is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Phuthaditjhaba-landdroshof.

Bronne: SAPD

Lees ook: 23 kinders wat voedselprodukte by spazawinkels gekoop het in Gauteng dood – Lesufi

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief