MPUMALANGA. – Die argief waarin Barberton-polisiestasie se dossiere gebêre word, het vanoggend (Donderdag) aan die brand geraak.

Brig. Donald Mdhluli sê die insident het omstreeks 11:00 gebeur en word ondersoek. Owerhede is ontbied toe rook by die argiefkantoor gesien is, en die brand is geblus. Geen beserings is aangemeld nie.
Mdhluli bevestig egter daar het dossiere in die slag gebly, maar getalle kon nog nie vasgestel word nie.
“Ons kan nie in hierdie stadium die voorval met die onlangse arrestasies van vier lede verbind nie. Dié saak word deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoekeenheid (HAWKS) hanteer. Ons is vol vertroue dat die ondersoek duidelikheid sal verskaf oor wat gebeur het,” sê maj.genl. Zeph Mkwanazi, die provinsiale kommissaris van die provinsie.
Lees meer hier:





