Oorskot gekry, dalk van vrou wat drie jaar vermis is

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Oorskot, vermoedelik dié van Silvia Wittal (45) wat op 30 Desember 2021 vermis geraak het, is Sondagoggend op Schoenmakerskop ontdek.

Kapt. André Beetge sê die liggaam is omstreeks 09:00 op die Sacramento-roete ontdek. Hierdie is moontlik ‘n deurbraak nadat daar reeds drie jaar lank na Wittal gesoek en sy nooit gevind is nie.

Beetge sê die gedeeltelike oorskot, ‘n skedel en persoonlike besittings van Wittal daarby, is gevind. DNS-toetse en verdere forensiese analise sal vasstel of die oorskot wel dié van Wittal is.

Humewood-polisie het destyds hulp van die gemeenskap gevra, nadat Wittal se man haar op 2 Januarie 2022 as vermis aangemeld het. Voggens hom het hulle op 30 Desember 2021 telefoniese kontak oor reëlings met hulle twee kinders gehad. Hy het nooit weer van haar gehoor of haar gesien nie en het haar as vermis aangegee. Haar silwerkleurige Kia Picanto is by Sacramento Scoenmakerskop gekry. Volgens ‘n ooggetuie was die voertuig reeds twee dae daar geparkeer. Daar is sonder sukses na Wittal in die omgewing gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief