SAL gee inligting oor staking

Lees ook :

SAL gee inligting oor staking
SAL gee inligting oor staking fotokrediet: Canva

Lees ook: SAL-vlieëniers staak oor salarisse, wil 15.7% verhoging hê

SAL het meer inligting oor hulle vlieëniers se staking gegee na verskeie passasiers oor gekanselleerde vlugte gekla het.

Die SAL-vlieëniers staak tans na onderhandelinge oor hulle salarisverhogings ’n dooiepunt bereik het. Die vlieëniers wil ’n 15.7% verhoging hê, maar SAL het 8.46% verhoging aangebied.

Roetes wat deur die staking geraak sal word, sluit Johannesburg na Kaapstad, Durban, Gqeberha, Windhoek en Mauritius in.

SAL het gesê passasiers sal vroegtydig laat weet word as vlugte gekanselleer word. Sodanige passasiers kan nuwe vlugte bespreek of hulle geld terugeis.

Dit is nog onbekend hoe lank die staking gaan aanhou.

Bronne: SAL, ECR

Lees ook: SAL-vlieëniers staak oor salarisse, wil 15.7% verhoging hê

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief