BLO sê FlySafair-insident sal verder deur owerhede ondersoek word

Lees ook :

Foto's: Skermgrepe van beeldmateriaal op X

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het ‘n volledige verslag van die gebeure aan boord van ‘n FlySafair-vlug ontvang en vir verdere ondersoek aan wetstoepassingsagentskappe oorhandig.

Sisa Majola, woordvoerder vir BLO, sê in ‘n verklaring die optrede word ten sterkste veroordeel, veral nadat daar van die beeldmateriaal kennis geneem is. Die owerheid waarsku kajuitbemanning is gelisensieerde veiligheidsbeamptes wat volgens protokol werk om hul primêre taak van veiligheid vir en gemak van passasiers moet uitoefen.

Oortreding van die burgerlugvaartwet in terme van seksie 135 met gedrag, kan tot ses maande tronkstraf opgelê word. Deur nie kajuitbemanning te gehoorsaam nie en met hulle pligte in te meng, kan ‘n boete, sowel as tronkstraf, tot gevolg hê.

Poppy Khoza, die direkteur van BLO, het ook die voorval veroordeel en lê klem op die owerheid se zero-verdraagsaamheid aangaande passasiers wat kajuitbemanning aanrand, dreig, intimideer of met hul pligte inmeng.

Lees die volledige verklaring onder aangeheg. Lees meer oor die aangeleentheid hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief