Meisie se lewelose liggaam in bosse gevind

Lees ook :

Foto: Woman For Change

GAUTENG. – Ntombenhle Mzima (5) se lewelose liggaam met oop steekwonde is op Nuwejaar in bosse in Bluegumville, in Duduza, aan die Oos-Rand, ontdek.

Kol. Dimakantso Nevhuhulwi sê die moord word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand met relevante inligting om die skuldiges op te spoor, word gevra om na vore te kom.

Volgens Women For Change is die jong meisie die laaste keer lewendig gesien toe sy die oggend by ‘n maat gaan speel het. Die gemeenskap het op haar liggaam afgekom en het haar familie ingelig. Sy is glo ook verkrag. ‘n Man wat ondervra is, is laat gaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief