Seun in vermoedelike bendekruisvuur in kop geskiet

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. – ‘n Seun (5) is Maandag kort voor 19:00 in Irvinestraat, Manenberg, in wat as bendeverwante kruisvuur beskryf word, in die kop geskiet. Nog twee vroue is getref.

Kapt. Frederick van Wyk sê die dwaalkoeëls het nie net die seun nie, maar nog twee vroue van 31 en 54 jaar getref wat in die straat gesit het, een in die dy en een in die laerug. Die seun het saam met sy pa na ‘n snoepwinkel gestap toe hy raakgeskiet is. Die verdagtes het te voet gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die Manenberg-polisie ondersoek drie sake van poging tot moord waarvan die motief vermoedelik bendeverwant is.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom en kan die Manenberg-polisie by 021 699 9400 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief