Jong man se liggaam in Valsrivier gevind

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n jong man (19) is Woensdag omstreeks 10:00 deur ‘n duikeenheid gevind, nadat hy glo Dinsdag die Valsrivier wou oorsteek en meegesleur is.

Adj.off. Mmako Mophiring sê die oorledene van Ntha, naby Lindley, het na bewering Dinsdag omstreeks 18:00 saam met twee vriende die rivier probeer oorteek. Hy is deur ‘n sterk stroom meegesleur en ‘n vriend het hom gehaas om hulp te kry en die polisie na die toneel ontbied.

Die polisie het die liggaam gekry en die jong man is deur sy pa geïdentifiseer. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Mophiring herinner ouers weer daaraan om versigtig te wees met die hewige reën en te weet waar hulle kinders is. Mense moenie probeer om riviere oor te steek nie en moet modderige, stilstaande water, veral by steengroewe, vermy.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief