KWAZULU-NATAL. – Ondersoek het aan die lig gebring ‘n tienerma (17) is moontlik vir haar babaseun (1) se skietdood verantwoordelik. Sy het glo met ‘n vuurwapen gespeel toe ‘n skoot per ongeluk afgaan.
Die seun het ‘n skietwond aan sy kop opgedoen en het gesterf.
Kol. Robert Netshiunda sê die voorlopige ondersoek het kontrasterende inligting aan die lig gebring, waarna die ma in verband met die moord van haar babaseun gearresteer is. Die verdagte sal vandag in die Umlazi-landdroshof voorkom.
Lees meer hier onder: