Lees ook: 2024-matriekuitslae glo aanlyn verkoop vir R100
JOHANNESBURG. – Die Valke het ’n verdagte in hegtenis geneem in die saak van die 2024-matriekuitslae wat glo verkoop is.
Die departement van onderwys het Sondag die saak aangemeld by die Pretoria-Sentraal SAPD, waarna die saak aan die Valke oorhandig is.
Die Valke is gister met ’n lasbrief na ’n huis in Hillcrest, Johannesburg waar ’n 21-jarige man en sy ouers woon. Verskeie elektroniese toestelle, ’n ongelisensieerde haelgeweer, asook ammunisie, is gevind. Die man (21) is in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen.
Die ondersoek duur voort.
Bronne: SAPD





