Vermiste babaseun dood opgespoor

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – Amamkele Lishushu Mpetha (22 mnde. oud) oor wie se verdwyning die polisie aanvanklik hulp gevra het nadat hy Maandag vermis geraak het, het tragies geëindig toe sy liggaam vandag (Donderdagoggend) gekry is.

Kapt. Welile Matyolo sê die baba se liggaam is vanoggend omstreeks 08:20, toe die soektog na hom hervat is, deur die Mthatha K9-eenheid in ‘n nabygeleë rivier in Ngqeleni gekry. Hy is positief deur sy familie uitgeken.

Die polisie het aanvanklik gemeenskapshulp in die soektog na die baba gevra. Hy was in die sorg van sy ouma toe hy weggeraak het. Sy en die bure het sonder sukses na hom gesoek, waarna hy as vermis aangemeld is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief