LIBIЁ. – Sowat 50 migrante se liggame is in twee massagrafte in Libië gevind.
Lees ook: Donald Trump deporteer migrante en stuur hulle na Colombia
Die eerste massagraf met 19 liggame is Vrydag op ‘n plaas in Kufra, Libië ontdek en is vir nadoodse ondersoek gestuur. Volgens die al-Abreen-liefdadigheidsorganisasie wat migrante in Libië help, is van die oorledenes glo geskiet voor hulle in die graf begrawe is.
Nog ‘n graf met sowat 30 liggame is ook in Kufra gekry ná ‘n klopjag op ‘n mensehandelsentrum. Volgens oorlewendes is daar byna 70 mense in die graf begrawe.
Owerhede is besig met soektogte in die omgewing.
Bronne: BBC, CNN, ABC News
Lees ook: Donald Trump deporteer migrante en stuur hulle na Colombia





