TEXAS, VSA. – Twee tienermeisies in Texas is in hegtenis geneem na hulle glo ‘n aanval met pypbomme en vuurwapens op die Hoërskool Memorial in Houston beplan het.
Lees ook: Drie busse ontplof in beweerde terreuraanval in Israel
Die meisies (15 en 16) het hulle plan op sosiale media gedeel en die FBI en is deur die plaaslike polisie in hegtenis geneem. Een van die meisies is ‘n leerling by Hoërskool Memorial en die ander een ‘n leerling by Hoërskool Willis in Conroe.
‘n Brief is ook aan die families gestuur om te verduideli dat ‘n leerling in hegtenis geneem is vir ‘n “moontlike geloofwaardige dreigement wat op sosiale media geplaas is”.
Bronne: BBC, USA Today, ABC News
Lees ook: Drie busse ontplof in beweerde terreuraanval in Israel





