INTERNASIONAAL. – Gordon Cordeiro (51) van Hawaii is vrygelaat nadat hy 30 jaar tronkstraf vir ‘n 1994-moord in Maui toegesluit is. DNS en nuwe bewyse in die saak het sy skuldigbevinding omgeswaai.
Cordeiro, wat volgehou het hy is onskuldig, beskryf Vrydag as “Freedom Friday” en sou baie graag sy ma, wat reeds oorlede is, wou sien. Indien nog ‘n verhoor teen Cordeiro ingestel word, sal die uitkoms volgens Kirstin Hamman, die regter wat hom vrygespreek het, nie sommer verander nie.
Gedurende 1994 is Timoty Blaisdell tydens ‘n dwelmhandelrooftog op die eiland van Maui vermoor. Cordeiro se eerste verhoor het op ‘n hung jury uitgeloop en slegs een jurielid het gestem om hom skuldig te bevind. Hy is wel later aan moord, roof en poging tot moord sonder die moontlikheid van parool skuldig bevind en gevonnis.
Die Hawaii Innocence Project het egter Cordeira se saak aangeneem en hy is tydens ‘n weeklange verhoor op gronde van nuwe getuienis vrygespreek.
Andrew Martin, Maui County-aanklaer, is egter teleurgesteld in die uitspraak en sê aan die media sy kantoor is van plan om appèl aan te teken en ‘n mosie in te dien om borgtog op Cordeiro se vrylating op te lê, aangesien hy by ‘n moordklag betrokke is en ‘n vlugrisiko inhou.
Bronne: Associated Press, NBC News en CBS News





