KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (54) het Sondag in Belvedere gesterf toe hy ‘n mangoboom by ‘n woonstelblok gesnoei het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is vir hulp ontbied, nadat die man gegly en hom bewusteloos met sy kop op ‘n sementblok geval het. Met Rusa-beamptes se aankoms op die toneel was Netcare911-paramedici besig om die man te ondersoek. Hy het geen teken van lewe getoon nie en is dood verklaar.
Die man, wie se identiteit op die toneel vasgestel is, het ook ‘n sny aan sy voorkop tydens die val opgedoen.





