Kommer oor tsoenami na 6.7-aardbewing naby NZ se Suideiland tref

Lees ook :

Kommer oor tsoenami na 6.7-aardbewing naby NZ se Suideiland tref fotokrediet: Canva

NIEU-SEELAND. – ’n Aardbewing van 6.7 op die Richterskaal het vandag in die omgewing van Nieu-Seeland se Suideiland in die see voorgekom.

Lees ook: Publiek gewaarsku oor donderstorms en erge wind vandag

Kommer bestaan oor ’n moontlike tsoenami en inwoners van Southland en Fiordland is gewaarsku om die strande te vermy.

Die aardbewing het met ’n diepte van 33 km sowat 160 km van die Snares-eilande af getref. Trillings kon deur duisende mense op land in die omgewing van die Suideiland gevoel word.

Tot sover is geen amptelike waarskuwing oor ’n tsoenami uitgereik nie, maar die nasionale noodbestuuragentskap het mense gewaarsku om gebiede te ontruim waar die trillings vir langer as ’n minuut aangehou het of waar dit sterk genoeg gevoel was dat hulle nie kon staan nie.

Bronne: Daily Mail, NZ Herald, TimesLIVE

Lees ook: Publiek gewaarsku oor donderstorms en erge wind vandag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief