Bosbrande in Suid-Korea is ‘ergste brandramp op rekord’

Lees ook :

Veldbrande in Suid-Korea is ‘ergste brandramp op rekord’ fotokrediet: X

SUID-KOREA. – Suid-Koreaanse owerhede het gesê die bosbrande in Suid-Korea het gister (Woensdag) in omvang verdubbel en is die land se “ergste brandramp op rekord”.

Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande

Die brande wat Vrydag begin het, het meer as 35 810 hektaar gebrand en reeds die dood van 27 mense veroorsaak.

Sowat 317 geboue is beskadig of vernietig, insluitend twee Boeddhistiese tempels wat albei ouer is as 1 000 jaar.

Reën is voorspel, maar owerhede het gesê dit sal waarskynlik nie die brande blus nie.

Bronne: The Independent, EWN, BBC

Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief