Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën oor die grootste deel van die land vir vandag voorspel. ’n Geel vlak 4-waarskuwing vir donderstorms, hael, swaar reën en moontlike oorstromings is vir Mpumalanga uitgereik.
Lees ook: Brandstofprys vir April aangekondig
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms, swaar reën en moontlike oorstromings is geldig vir dele van Limpopo en Gauteng.
Die SAWD het reën vir die res van die week voorspel.
Motoriste word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge en om laagliggende brûe te vermy. Mense word gemaan om van lopende water weg te bly.
Bronne: SAWD
Lees ook: Brandstofprys vir April aangekondig
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





