Bloemfonteinse ‘stadsrowers’ in hof

Lees ook :

Foto: Skermgreep van beeldmateriaal soos ontvang

VRYSTAAT. – Altesaam 11 aangeklaagdes van rooftogte in die middestad van Bloemfontein het Dinsdag vir ‘n vlaag rooftogte in die plaaslike landdroshof voorgekom.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê T. Khokhela, T. Koekoe, T. Kgabarone, L. Lekau, L. Sejabatho, M. Mokhele, T. Molato, L. Manka, M. Mokengoane, N. Kikine en B. Sager is tydens intelligensiegedrewe operasies deur die polisie in samewerking met verskeie wetstoepassingsagentskappe gearresteer.

Die operasie is geloods nadat beeldmateriaal van die beskuldigdes wat slagoffers gewelddadig beroof op sosiale media versprei is. Tien van die verdagtes staan op aanklagte van roof tereg, terwyl die 11de verdagte, ‘n winkeleienaar, gearresteer is nadat hy probeer het om polisiebeamptes om te koop.

Die saak is vir borgtogaansoek tot 7 April uitgestel. Die polisie se ondersoek duur voort.


Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief