Terrorismesaak na streekhof oorgeplaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Ferdinand Fortuin (49) van Mamre het glo op 11 November 2024 die Bellville-polisiestasie gebel en gesê hy het toestelle wat kan ontplof in die plaaslike kantore van die departement van water en sanitasie in Voortrekkerstraat en Bellville-Suid, Die Transnet Park-gebou, asook die taxistaanplek, gesit.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê nadat Fortuin die beweerde bomdreigement gemaak het, is staatshulpbronne gemobiliseer en duisende mense is van die drie persele ontruim. Drie bomopruimingstegnici, bomopsporingshonde, hanteerders en sigbare polisiëringslede is ingespan. In Voortrekkerstraat is 164 mense, by die Bellville-Suid perseel 151, by Transnet Park 250 en by die taxistaanplek 3 000 persone, ontruim.

Die terrorisme-saak teen Fortuin is deur die Bellville-landdroshof vir ‘n eerste verskyning in die Bellville-streekhof na 24 April uitgestel. Fortuin staan tereg op vier aanklagte van oortreding van die Wet op Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite 33 van 2004 (POCDATARA) en vir die oortreding van die Wet op Plofstof 26 van 1956. Volgens adv. Mervyn Menigo, die adjunkdirekteur van opgenbare vervolging, is die saak voorheen uitgestel sodat die nasionale direkeur van openbare vervolging Fortuin se vervolging op die POCDATARA-aanklagte kan magtig. Die magtiging is verkry, waarna dit by die klagstaat aangeheg en die saak oorgeplaas is.

Ntabazalila sê met die ontruiming en toemaak van die taxistaanplek en paaie is erge paniek gesaai. Alhoewel die dreigement van die plasing van plofbare toestelle op sekere plekke nie waar was nie, beskou die NVG die aanklagte in ‘n ernstige lig.

“Die Wetgewer het hierdie tipe gedrag in POCDATARA gekriminaliseer en in die Strafregwysigingswet 105 van 1997 het ‘n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vir ‘n eerste oortreder voorgeskryf. Die NVG sal nie skroom om optrede van hierdie aard te vervolg tot die volle mate wat die wet dit toelaat nie.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief