Trump se tariewe vandag ingestel, insluitend 104%-tarief op China

Lees ook :

Trump se tariewe vandag ingestel, insluitend 104%-tarief op China fotokrediet: Canva

VSA. – Amerika se nuwe handelstariewe is vandag amptelik ingestel, insluitend die 104%-tarief op Chinese goedere.

Lees ook: Trump se tariewe kan sowat 35 000 werkers in sitrusbedryf hulle werk kos

Markte regoor die wêreld het triljoene dollars verloor na Trump verlede week die nuwe handelstariewe aangekondig het, wat ekonome bekommerd maak oor ’n resessie.

Trump het tydens ’n toespraak gesê meer as 70 lande het gevra om oor die nuwe tariewe te onderhandel en “soen sy boude”.

Hy het ook bekendgemaak geld “stroom in” van die nuwe tariewe af en hy sal ook tariewe op medisyne instel sodat die produksie daarvan na die VSA geskuif word.

China het gesê Trump tree soos ’n boelie op en dat hulle bereid is om “te veg tot die einde” as die VSA “op ’n tariefoorlog of op ’n handelsoorlog aandring”.

Bronne: BBC, The Sun, NBC News

Lees ook: Trump se tariewe kan sowat 35 000 werkers in sitrusbedryf hulle werk kos

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief