SINOPSIS: Elaine vlug sonder enige verduideliking weg van haar verloofde, Alex. Haar geheim bly haar eie, want sy glo as Alex ooit moet uitvind, sal dit sy lewe ruïneer, en daarvoor het sy hom té lief. Sy het geen keuse as om Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, se aanbod te aanvaar nie …
Die jare wat volg, is verwonde jare, gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ’n liefdevolle God en dit is net haar ongesonde verhouding met wyn wat haar help om soms van al die seer in haar binneste te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur wat nie geblus kan word nie. Skielik, ná soveel jaar, staan Alex weer voor haar en begin sy weer glo dat God dalk tog alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy hom aangedoen het?
Oor die skrywer: Jozine Botha is ’n pastoor en berader by Prisma-gemeente in Wonderboom, Pretoria. Om na mense se stories te luister, is haar passie en dit was juis die stories van mishandelde vroue en kinders wat haar debuutroman geïnspireer het. Sy het van jongs af liefdesverhale gelees en gedroom om teologie te studeer en ’n skrywer van Christelike boeke te word. Maar sy het ingenieurswese by die Universiteit van Pretoria studeer en ’n akademiese boek geskryf vir haar Meestersgraad in bedryfsingenieurswese. Op dertig ervaar sy weer ’n sterk roeping na die bediening en begin teologie by NWU studeer. Sy voltooi haar Meesters in pastorale berading en begin toe haar droom verwesenlik om ’n liefdesverhaal met ’n geestelike inslag te skryf. Die jare tussen ons is Jozine se debuutroman.
Kliek hier vir meer inligting: Die jare tussen ons – Jozine Botha
*ADVERTENSIE
Lees ook: As jy hou van boeke met talentvolle vroue wat misdaad oplos, moet jy Knal deur Bettina Wyngaard lees





