VERULAM. – Een persoon is gister (Vrydag) dood en een is in ‘n kritieke toestand na ’n skietery by ’n karwassery in Verulam.
Lees ook: Chinese burger in Gqeberha ontvoer
Reaksie-eenheid SA (Rusa) het verskeie oproepe oor die skietery ontvang. Rusa-lede is op die toneel ingelig die slagoffers was glo verantwoordelik vir moord en poging tot moord. ’n Onbekende gewapende verdagte het die mans geskiet terwyl hulle besig was om hulle kar te was.
Die oorledene is in die kop geskiet en die ander man is in die bors en hand geskiet.
Bronne: Facebook
Lees ook: Chinese burger in Gqeberha ontvoer





